NewsNews

Gimmie leerder dood na messteek

ʼn 16-jarige leerling van Gimmies is gisteraand met ʼn mes doodgesteek.

police,saps

Illustration photo

ʼn 16-jarige leerling van Gimmies is gisteraand (13 Desember) met ʼn mes doodgesteek.

Volgens Kst. Kelebogile Trom, polisiewoordvoerder, is die meisie omstreeks 19:40 in Promosa-park op die toneel dood verklaar.

ʼn Ooggetuie het glo aan die polisie vertel dat sy ʼn argument met ʼn 17-jarige meisie gehad het waarna die 17-jarige glo ‘n mes uitgepluk en haar in die bors gesteek het.

“Haar liggaam is na die lykshuis geneem vir forensiese ondersoeke,” het Trom gesê.

Die 17-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

Related Articles

Back to top button