NewsNews

Drie keer lewenslank en nog ‘n bietjie vir Du Preez

VEREENIGING. – Fanie du Preez, gesinsmoordenaar van Vanderbijlpark, wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy vrou, Thea en twee kinders Carlia en Philip in die gesin se woning op 3 Desember 2015 wreed vermoor het, is tot 99 jaar tronkstraf gevonnis.

Fanie du Preez stap hier vir die laaste keer uit die hof nadat sy  aansoek tot verlof om appèl  ook geweier is. Foto: Jannie du Plessis

Fanie du Preez stap hier vir die laaste keer uit die hof nadat sy aansoek tot verlof om appèl ook geweier is. Foto: Jannie du Plessis

Regter Hennie De Vos het Fanie Du Preez lewenslange tronkstraf vir elk van die drie moorde opgelê asook 10 jaar tronkstraf vir regsverydeling, sewe jaar vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en twee jaar vir die onwettige besit van ammunisie. Dit is ‘n totaal van 94 jaar.

Na regter De Vos Fanie du Preez gevonnis het, het Du Preez egter aansoek gedoen om teen die skuldigbevinding en vonnis te appeleer, maar die appél is geweier.

Regter De Vos het ook gesê hy glo nie Du Preez kan gerehabiliteer word nie omdat hy onwillig is om tussen reg en verkeerd te onderskei. Hy voel ook die teregstelling van Thea, Carlia en Philip was wreed en grusaam.

Du Preez sal sy vonnis op die verkeie klagtes samelopend uitdien.

“Ek het nie my kinders vermoor nie,” het Du Preez het mompelend afgestap na die selle.

Related Articles

Back to top button