NewsNews

Bekostigbare en kreatiewe Kersgeskenke

As jy raadop is met die soektog na daardie ietsie kleins, iets oulik of iets kreatiefs vir iemand spesiaal hierdie Kersfees, hoef jy nie verder te soek nie. Die nou reeds bekende Parys Kersmark begin vandag, 15 Desember, by die Blikoortjies-kleuterskool perseel in Schilbachstraat.

As jy raadop is met die soektog na daardie ietsie kleins, iets oulik of iets kreatiefs vir iemand spesiaal hierdie Kersfees, hoef jy nie verder te soek nie.
Die nou reeds bekende Parys Kersmark begin vandag, 15 Desember, by die Blikoortjies-kleuterskool perseel in Schilbachstraat.
Die mark duur nog tot 24 Desember en sal elke dag in dié tyd oop wees, insluitend die vakansiedag op 16 Desember en Sondag 18 Desember.
Kom snuffel tussen interessanthede van 65 uitstallers, waarvan  22 nuwe uitstallers. Die mark is daagliks oop van 09:00 tot 17:30.
Toegang is gratis en daar is ’n  teetuin wat die innerlike sal versterk terwyl jy na hartelus jou markinkope kan doen.
Dit sal die 17de jaar wees wat die mark hier gehou word en vanjaar is daar van eksotiese plante, sandsteenwerk, skilderye, krale,  juwele, klere en houtwerk tot gebak en gebottel en vele meer.
Vir navrae en meer inligtingskakel Winnie by 082 958 6312.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button