NewsNews

Laaste groet vir oud-Parysenaar

Leon Alberts wat vir bykans 50 jaar ’n  inwoner van Parys was, is op 7 Desember, kort voor sy 85ste verjaardag oorlede. Leon en sy vrou, Ria, het in 2006 van Parys na Potchefstroom verhuis waar hy die laaste jare gevestig was. Hy was meganiese ingenieur by Sasol tot en met sy aftrede. Op die …

Leon Alberts wat vir bykans 50 jaar ’n  inwoner van Parys was, is op 7 Desember, kort voor sy 85ste verjaardag oorlede.
Leon en sy vrou, Ria, het in 2006 van Parys na Potchefstroom verhuis waar hy die laaste jare gevestig was.
Hy was meganiese ingenieur by Sasol tot en met sy aftrede. Op die rugbyveld was hy ’n  bekende gesig waar hy tot die ouderdom van 42 jaar nog vir die Parys-rugbyklub gespeel het. By die AGS Sion-gemeente was hy vir jare  tesourier en sangleier.  Met sy suiwer stem het hy vir die dorp se koor gesing wat toe onder leiding van Jan Badenhorst was.
Die herinneringsdiens vir Leon is môre 14 Desember in Potchefstroom. Leon word oorleef deur sy vrou Ria, kinders André, RW en Elrinet en vyf kleinkinders wat die tere herinneringe van ’n eggenoot, vader en oupa sal koester.

Related Articles

Back to top button