NewsNews

Geen borg vir ‘doodskis-twee’

Landdros Jongilizwe Dumehleli het Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) se borgaansoek geweier.

Landdros Jongilizwe Dumehleli het Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) se borgaansoek geweier.
Die twee word daarvan beskuldig dat hulle Victor Rethabile Mlotshwa in ‘n doodkis ingedwing het, na hulle hom voorgekeer het waar hy in die veld gestap het. Hulle het hom glo ook vasgebind en aangerand.

Landdros Dumehleli het die beskuldigdes se persoonlike omstandighede in ag geneem. Beide is getroud met jong kinders, maar landdros Dumehleli is van mening hul vroue en kinders sal nie honger ly oor die Kerstyd nie.

Volgens Oosthuizen en Jackson het Mlotshwa koperkabels gesteel en hulle wou hom ‘n les leer, maar hulle wou hom nie leed aan doen nie. Landdros Dumehleli verwerp die weergawe dat hy koperkabels gesteel het en meen die voorval is brutale rassisme.

Hy betwyfel ook Mlotshwa se weergawe. Hy meen indien die voorval ‘n uur geduur het sou Mlotshwa doodgegaan het van angs en hy wonder ook waarom Mlotshwa so lank gewag het voor hy dokter toe gegaan het.

Oosthuizen en Jackson het die geleentheid om teen landdros Dumehleli se uitspraak te appelleer.

Die saak is tot 25 Januarie 2017 uitgestel.

 

Willem Oosthuizen en Theo Jackson in die hof. Inlas foto: Victor Mlotshwa. Foto: Huisgenoot

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button