NewsNews

Nou kan jou kind 20% vir Wiskunde kry en steeds slaag

Ons weet Wiskunde is nie almal se maat nie, maar harde werk het nog nooit iemand skade berokken nie. Dit lyk egter asof jy nou maar speel-speel Wiskunde kan deur kom.

Shocking-baby-funny-face-wallpaper

Hoofde het verlede week die inligting ontvang dat indien ‘n leerling in graad 7, 8 of 9 druip omdat hy/sy nie 40% vir Wiskunde behaal het nie, hulle steeds kan slaag indien hulle al hul ander vakke deur is.

Kenners meen dit is ‘n verdere verlaging van onderwysstandaarde onder politieke druk en stuur dit ook verkeerde boodskap aan leerlinge.

Wiskunde is ‘n baie belangrike vak in ‘n groot verskeidenheid van loopbaankeuses wanneer jou kind universiteit toe wil gaan, maar nou kan leerlinge 20% van die werk verstaan en steeds slaag.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button