NewsNews

Polisie soek dié mans na besigheidsroof

Die polisie soek na die mans op die gesigsamestellings hieronder wat verbind word met ’n besigheidsroof vroeër vanjaar by The Fix (voorheen Fashion Express) in Kortstraat, Parys.

Die polisie soek na die mans op die gesigsamestellings hieronder wat verbind word met ’n  besigheidsroof vroeër vanjaar by The Fix (voorheen Fashion Express) in Kortstraat, Parys.
Die Tswana-sprekende mans het swart musse, swart baadjies, denims, tekkies en plastiese handskoene gedra. Hulle was met ’n handwapen gewapen.
Die mans het saam met nog twee onbekende mans die slagoffers by die onderneming oorval en wou geld en selfone hê. Hulle het ook hul slagoffers met kabelbinders vasgemaak, waarna die verdagtes te voet gevlug het.
Enigeen wat inligting het word dringend gevra om speur adjudant-offisier Hunter by 072 442 3006 te skakel.

 

 

CCI20161129_00001 b

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button