NewsNews

KANSA BEDANK VRYWILLIGERS VIR DIE ONBAATSUGTIGE DIENS WAT HULLE LEWER

Op 5 Desember gaan mense wat hulle tyd en geestelike krag vrygewig gee om mense wat in nood is te help, wêreldwyd vereer word. KANSA gaan die baie vrywilligers wat so toegewyd werk om ‘n positiewe verskil te maak in die lewens van kankeroorwinnaars, ook vereer.

 

 

Vandag 5 Desember gaan mense wat hulle tyd en geestelike krag vrygewig gee om mense wat in nood is te help, wêreldwyd vereer word. KANSA gaan die baie vrywilligers wat so toegewyd werk om ‘n positiewe verskil te maak in die lewens van kankeroorwinnaars, ook vereer.

 

“Sonder ons netwerk van ongeveer 7 000 opgeleide vrywilligers sal ons nie in staat wees om ons holistiese sorg- en ondersteunigsprogramme te kan lewer nie. Dit is ‘n diens wat kankeroorwinnaars en hulle gesinne regdeur Suid-Afrika so bitter nodig het”, sê Elize Joubert, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte.

 

Op Internasionale Vrywilligersdag word hierdie onbaatsugtige mense in die kollig geplaas. Dit is hierdie mense wat, aan ander mense wat hulle hulp die nodigste het, versorging, liefde en medelye betoon.

 

“Ons kan nooit vir hierdie mense genoeg dankie sê nie. Ons weet hoe hoog ons hulle ag en hoe KANSA die bydrae wat hulle lewer, waardeer,” sê Joubert. “As ‘n nie-winsgewende organisasie maak ons baie staat op die vrygewigheid van ander en ons vrywilligers is altyd bereid om hulle alles te gee om kankerpasiënte, hul gesinne en KANSA by te staan.”

 

KANSA se netwerk van vrywilligers bestaan uit baie mense wie se lewens op ‘n manier deur kanker geraak is. Hierdie mense is, of was, self kankeroorwinnaars of hulle ken iemand wat teen kanker baklei het. Of jy nou die geveg teen kanker wen of verloor, jy bly ‘n kankeroorwinnaar. Dan is daar ook mense wat doodeenvoudig hulle hulp aanbied en ‘n verskil maak in die lewens van ander.

 

Sheila Moolman (64) is al vir 14 jaar een van KANSA se vrywilligers. Sy werk by KANSA se SorgSentrum in Durban. Sheila sê sy was aanvanklik huiwerig om betrokke te raak omdat sy nie self ‘n kankeroorwinnaar is nie en omdat sy nie daarvan hou om in die kollig te wees nie.  “Maar vir een of ander rede het ek die uitdaging om ‘n kanker ondersteuningsgroep te stig en te lei, aanvaar. Toe het ek nie ‘n keuse gehad nie – my werk as ‘n vrywilliger het my  genoop om op te staan en om gereeld die ander lede van die groep toe te spreek.

 

“Ek kan getuig van die moed, dapperheid en kalmte in soveel mense wat hierdie verskriklike siekte – kanker – in die gesig gestaar het en nog steeds daarteen baklei. En met die jare saam, het ek wonderlike vriendskapsbande gesmee met talle kankeroorwinnaars. Dit vervul my om getuie te wees van die interaksie en ondersteuning tussen kankeroorwinnaars en die ondersteuning en troos wat hulle aan mekaar bied.”

 

Sharon Fransman het gereageer op ‘n advertensie in ‘n plaaslike koerant in 2012. Die advertensie het mense uitgenooi om vrywilligers vir KANSA in die Wellington distrik te word. “Ek het myself dadelik ingeskryf as ‘n vrywilliger en het ‘n kursus voltooi. Dit was een van die beste besluite wat ek ooit geneem het,” sê sy. “Dikwels het kankeroorwinnaars net iemand nodig om mee te praat. As ‘n KANSA vrywilliger word jy een van die heel belangrikste metgeselle vir iemand wat op reis is met kanker.”

 

KANSA maak seker dat vrywilligers goed opgelei is en ons doen alles in ons vermoë om toe te sien dat vrywilligers die ondersteuning kry wat hulle nodig het. “Hulle leer by ons en ons leer by hulle,” sê Joubert. “Baie dikwels is die resultaat van ‘n verhouding met ‘n  vrywilliger ‘n lewenslange vriendskap.”

 

As jy ook ‘n KANSA vrywilliger wil wees, kontak jou naaste KANSA Sorg Sentra, of besoek https://www.cansa.org.za/become-a-volunteer/ of bel 0800 22 66 22 tol-vry . “Sodra jy as ‘n vrywilliger van KANSA mense met kanker bystaan, sal jy self ervaar hoe dit jou lewensuitkyk verander en hoe dit jou lewe meer positief en sinvol maak,” sê Joubert.”

 

Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of kontak KANSA tolvry by 0800 22 66 22 of by  info@cansa.org.za of stuur ‘n epos na info@cansa.org.za of volg KANSA op Twitter: @CANSA (https://www.twitter.com/@CANSA) of sluit aan by KANSA by Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button