NewsNews

Valke arresteer aanklaer

Die Valke se teen korrupsie-eenheid het Donderdagmiddag ’n 40-jarige aanklaer in Parys in hegtenis geneem op ’n klag van korrupsie ná inligting van ’n klaer ontvang is wat self aangekla is vir diefstal.

Die klaer het beweer dat die aanklaer hom glo R1 500 sou gevra het in ruil daarvoor dat sy dossier verdwyn en die klag teen hom teruggetrek word.
Die Valke het R1 000 van die beweerde omkoopgeld in die amptenaar se kantoor gekry toe dit deursoek is, waarop die arrestasie gemaak is.
Die aanklaer sal vanoggend voor die hof verskyn, het kapt. Sfiso Nyakane, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat gesê.

Related Articles

Back to top button