NewsNews

Staatsaanklaer se borgaansoek volgende week gehoor

Patrick Ncango, staatsaanklaer by die landdroshof in Parys, sal in aanhouding bly tot sy formele borgaansoek Woensdag 7 Desember.

Patrick Ncango, staatsaanklaer by die landdroshof in Parys, sal in aanhouding bly tot sy formele borgaansoek Woensdag 7 Desember.

Ncango is Donderdagmiddag deur die Valke se Teen Korrupsie-eenheid in hegtenis  geneem op ’n  klag van korrupsie ná inligting van ’n  klaer ontvang is wat self aangekla is vir diefstal.
Die klaer het beweer dat Ncango hom glo R1 500 sou gevra het in ruil daarvoor dat sy dossier verdwyn en die klag teen hom teruggetrek word.
Die Valke het R1 000 van die beweerde omkoopgeld in Ncango se kantoor gekry toe dit deursoek is, waarop die arrestasie gemaak is,het kapt. Sfiso Nyakane, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat gesê.

Related Articles

Back to top button