NewsNews

Slagpale moordsaak weer uitgestel

Die verhoor van die vier verdagtes wat van die moord en roof op mnr. Koos van der Leeuw verlede jaar teregstaan, is tot volgende jaar uitgestel.

Bibi Nycamphalala en Tefo Mohua wtydens 'n vorige hofverskyning

Bibi Nycamphalala en Tefo Mohua wtydens ‘n vorige hofverskyning

Die verhoor van die vier verdagtes wat van die moord en roof op mnr. Koos van der Leeuw verlede jaar teregstaan, is tot volgende jaar uitgestel.
Die verhoor was geskeduleer om Maandag in die hooggeregshof te begin. Twee van die beskuldigdes, Tefo Mohua en Samuel Motsi, wat op borgtog vrygelaat is, het egter in die hof aangevoer dat hulle ‘n probleem met hul regsverteenwoordigers het.
Hulle het glo nie hulle regsverteenwoordigers betaal nie en Motsi se prokureur is boonop nie by magte om hom in die hooggeregshof te verteenwoordig nie.
Mohua het aan regter Kobus Strydom verduidelik dat hy sy prokureur die dag voor die verhoor betaal het. Die prokureur het glo gesê dat dit net vir een dag se verteenwoordiging is en nie die volle week waarvoor die verhoor geskeduleer is nie.
Nie een van die twee beskuldigdes wou van regshulp gebruik maak nie. Die saak is tot 31 Januarie 2017 uitgestel vir ’n voorverhoor waar die beskuldigdes sal moet aandui dat hulle gereed is vir die verhoor wat voorlopig geskeduleer is vir 18-22 September 2017.
“Dit is in almal se belang dat die saak so vinnig as moontlik afgehandel word. Die ander twee beskuldigdes is reg om voort te gaan met die verhoor, so dit is onregverdig teenoor hulle omdat hulle in aanhouding bly.
“Die saak sal nie weer uitgestel word vir enige klein ding nie. Julle mors julle eie tyd, die hof se tyd asook die ander beskuldigdes se tyd,” het regter Strydom aan die twee beskuldigdes gesê.

Related Articles

Back to top button