NewsNews

Verwyder liefs jou verjaardag van Facebook

Die meerderheid van ons gebruik Facebook dikwels as ons ‘verjaardag-kalender’. Dit is mos baie makliker om deur dié sosialemedia-platform ingelig te word dat een van jou vriende verjaar as om ‘n notaboekie by jou te dra.

fb_icon_325x325

Om jou verjaardag op Facebook bekend te maak kan jou egter duur te staan kom, want identiteitsdiewe is veral bedrywig op sosialemedia-platforms om persoonlike besonderhede van individue soos jou naam en van, adres, verjaardag, selfoonnommer en e-posadres te bekom. En as jy jou weer kry is jy ook deel van die identiteitsbedrog statistiek.

Volgens Cifas (die Verenigde Koninkryk se bedrogverhinderingsdiens) het aanlyn identiteitsbedrog die afgelope jaar verdubbel en om jou verjaardag boonop op Facebook bekend te maak, loop jy ‘n groter risiko.

Wees veilig en haal maar jou verjaardag van Facebook af, voor dit dalk te laat is.

Hoe om jou verjaardag van Facebook af te haal:

Stap 1: Gaan na jou tydlyn op Facebook
Stap 2: Klik op “About”
Stap 3: Klik op “Contact and Basic Info”
Stap 4: Klik op die slot-ikoon langs jou verjaardag en verander na “Only me”
Stap 5: Berg die veranderings

Gaan na die opsie 'Contact and basic info'. Beweeg die rekenaarmuis langs die kant waar jou verjaardag staan, click op edit en verander die opsie na 'Only me'. Onthou om die veranderinge te berg.

 

Bron: Huisgenoot

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button