NewsNews

Tweede huisroof sedert die naweek

Die polisie is baie bekommerd oor die skerp toename in huisroof in Parys. Die afgelope week alleen is twee voorvalle gerapporteer. Dit beteken dat daar reeds vier voorvalle in November in Parys was.

Die polisie is baie bekommerd oor die skerp toename in huisroof in Parys. Die afgelope week alleen is twee voorvalle gerapporteer.  Dit beteken dat daar reeds vier voorvalle in November in Parys was.
Die naweek is ’n  bejaarde egpaar, Hennie en Ella Smit in Endstraat in hul huis oorval deur drie gewapende mans met klapmusse, terwyl hulle besig was om na die Springbokke se rugbywedstryd op TV te kyk. Volgens die polisie het die mans na 20:30 toe die tweede helfte van die wedstryd net begin het, toegang tot die huis verkry by ’n  badkamervenster waar hulle die diefwering beskadig het. Toe die egpaar weer sien, was die mans reeds by hulle en is hulle aangesê om die kluis oop te maak. Hulle het die 74-jarige Ella gewurg en haar en haar man wat in ’n  rolstoel is, met kabelbinders vasgebind. Die rowers is weg met selfone, drie vuurwapens, elektriese toebehore, geld en juwele. Die skuldiges is steeds soek.
Dinsdagoggend is nog ’n  voorval in Diederiklaan in Oudewerfpark gerapporteer.
Ses mans met klapmusse, gewapen met handwapens en messe het by ’n  skuifdeur toegang tot die huis verkry.
Die vrou is verkrag en die rowers het met die eienaar se voertuig en ’n groot aantal  huishoudelike ware, selfone, kontant en bankkaarte gevlug.
Verlede week het Gazette berig van ’n  huisroof in Eerstelaan.
Kort voor dit was daar ’n  huisroof in Derdelaan.
Baie van die modus operandi in die voorvalle stem ooreen.
Die polisie waarsku inwoners om seker te maak dat hulle saans ook hul huisalarms aktiveer en nie waardevolle items sigbaar in die huis laat nie. Let op verdagte voertuie en bewegings in jou omgewing en maak seker jy volg nie elke dag dieselfde roetine nie.
Maak saans jou gordyne toe en sluit jou deure en hekke.
Tans is winkeldiefstal ook ’n  groot bron van kommer in die dorp, met tien voorvalle wat reeds vir November aangemeld is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button