NewsNews

Soniya Koekemoer kry 18 jaar

Soniya Koekemoer kry 18 jaar

VANDERBIJLPARK. – Soniya Koekemoer, die wurgma van Vanderbijlpark, is gister in die Vanderbijlpark Landdroshof tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis na sy haar dogtertjie, Michelle (9), vermoor het.

634A2101 (Large)

 

So het die verrigtinge vanoggend in die hof plaasgevind. Let wel: Die volgende inligting is nie in berigvorm nie, maar soos dit in die hof gebeur het.

10:32 Soniya se prokureur stel voor dat die tweede aanklag van poging tot regsverydeling teen haar samelopend met die eerste aanklag van moord moet loop. Adv. Van der Merwe stem saam.

Landdros Robert Button begin met sy uitspraak. Landdros Button bedank adv. Van der Merwe dat hy as senior staatsadvokaat in die streekhof verdedig het wat gewoonlik deur junior advokate gedoen word.

Button sê dat tyd in die streekshof beperk is. Hy bedank ook mev. Tromp die proefbeampte wat ‘n verslag opgestel het wat baie antwoorde aan die hof verskaf het. Hy het ook die ondersoekbeampte bedank in die saak.

Landdros Button sê dat vandag ‘n afsluiting is van ‘n hoofstuk vir Soniya en dat Michelle se lewe ook dan nou tot ‘n punt gaan kom.

Hy praat oor die naam Michelle wat van ‘n Franse afkoms is en dat die betekenis besonder is “Gift of God”. ‘n Naam wat toepaslik is in haar lewe tot ‘n negejarige ouderdom. Hy sê dit is nie ‘n aangename of maklike taak vir die hof om haar te vonnis nie.

Landdros Button sê dat hulle na verskeie faktore moet kyk en gaan net die relevante opnoem. Moord van ‘n kind is baie ernstig en die hof moet ‘n kind beskerm en hulle belange op die hart dra. Landdros Button sê dat die verslag in fyn besonderhede beskryf hoe Michelle doodgemaak is.

Landdros Button sê die wyse waarop Michelle vermoor is, het die gemeenskap geskok. Dit bly in elkeen se geheue vasgepen. Hy sê ook die foto van die oorledene waar sy op so sinnelose wyse vermoor is, is skokkend.

Volgens landdros Button was Michelle vol lewenslus en het maats in die skool gehad. Sy sal nooit haar volle potensiaal bereik nie en haar dood het baie mense geraak. Hy noem dat daar in ‘n brief van die skool staan sy laat ‘n groot leemte.

Hy raak verder punte aan rakende mishandeling van kinders. “Daar is nie meer ‘n sosiale gewete nie en mishandeling word deesdae aanvaar as algemeen. Na afskaffing van die doodstraf word daar gevind dat maksimum geweld gebruik word vir geskille in gesinsverband en ander. Drank en dwelmmisbruik word as ‘n norm aanvaar deesdae en kry die skuld vir die mishandeling en moorde.”

Landdros Button se dat die moorde en mishandeling al hoe meer toeneem. “Tyd vir meer doen en minder praat,” meen Button.

Landdros Button sê dagga is die begin stadium van verdere dwelmgebruik, maar Soniya kan hulp kry. Bipolariteit en depressie gaan saam maar daar is hulp. Die hof vra waar was Soniya se familie. Hy kan nie dink dat die familie niks gedoen het nie. Haar eie man het niks gedoen. Hy het sy plig versuim as vader van die kind.

Button sê Soniya staan nie alleen in die beskuldigde bank nie en dat die familie ewe veel skuld hieraan het. Hy meen Soniya moes hulp gekry het.

“Die feit van pligsversuim op alle vlakke is nou te laat. Daar moes jare terug hulp gekom het.” Landdros Button noem dit is die 27ste keer was dat Soniya selfmoord probeer pleeg het. Die hof sien die pogings as hulpkrete. “Dis hoekom ons vandag hier sit. En Michelle sou in die skool gesit het by haar maats.”

Landdros Button sê sy moet met haar gewete saam leef dat sy haar eie kind se lewe geneem het.

Hy wens dit haar nie toe en sy sal die kruis alleen moet dra.

Die hof moet gepaste vonnis gee. Sy moet aan einde van haar lewe aan God rekenskap gee as sy in God glo.

Die hof gaan nie die proefbeampte se verslag voorlees nie.  Geen behandeling in 18 jaar sal in ag geneem word.  Die hof het opgemerk dat haar fisiese voorkoms verander het en gelyk het soos vrou met ouderdom van dubbele jare. Die hof dink met professionele rehabilitasie kan sy reg kom.

Die vraag is egter of sy die moord beplan het, al dan nie.

Landdros Button sê dis baie ingewikkeld en daar moet na die meriete vand ie saak gekyk word.

Sy het besluit om haar en Michelle se lewe te neem en dit is nie ‘n besluit wat jy oornag neem nie. Die hof stel dat daar wel beplanning was al het sy gefaal met haar poging. Dit is bewys met die pleitverduideliking.

Landdros Button sê sy kon besluit het om te stop voor Michelle se liggaam slap geword het. Die noodlot het teen haar gedraai.

Die hof bevind dat sy voorbedagde rade gehad het om die moord te pleeg..

Lewenslank moet deeglik besin word en behoort nie opgelê te word nie. Die omstandighede laat dit nie toe. Die faktore moet in ag geneem word.

Die hof ineem al die faktore in ag en is van mening dat ‘n verminderde vonnis meer van toepassing sal wees.

Die hof besef dat hy nie al die partye tevrede kan stel nie.

Die enigste straf is egter gevangenisstraf, want daar is moord gepleeg en boonop nog ‘n kind ook.

Die hof het ‘n verpligting teenoor Michelle.

Hy het na fotos gekyk en dis ‘n blywende prentjie dat die werklikheid aangespreek moet word.

Landdros Button se sy het 18 jaar alleen gestaan en nie hulp gekry het nie. Dit sal jare se behandeling neem. Sy is 33 het fout gemaak en haar lewe lê nog voor haar. Met positiewe bystand en behandeling sal sy reg kom en dit hang van haar af.

Button sê die voordeel van parool is moontlik daar.

“Ons het net eenrigting kaartjie en foute kan nie herstel word nie. Die slagspreek is waar: Life is not a rehearsel,” sê landdros Button.

Hof het faktore deeglik oorweeg.

Gemeenskap moet tot sinne kom. Kinders moet met liefde behandel word . Ons as gemeenskap kan nie reg in eie hande neem.

 

VONNIS:

Poging tot Regsverydeling. Saam uitgedien. Geen gevangenisstraf

Moord: 18 Jaar gevangenisstraf.

Soniya se ander kind is in pleegsorg.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button