NewsNews

SEMI-FINALISTE VIR REVUE 2016 AANGEWYS!

REVUE 2016 is ‘n opwindende revuekompetisie vir Laer- en Hoërskole wat reeds vanaf 2 Oktober 2016 op kykNET NOU! (Kanaal 146) om 17:00 uitgesaai word. Daar word ook ‘n “agter-die-skerms-Revue-program” uitgesaai, REVUE EKSTRA wat op Maandae om 19:30 op kykNET NOU! aan die beurt kom. Die aanbieders van REVUE 2016 en REVUE EKSTRA is Sue Pyler, Hendri Myburgh, Mandi Baard en Danie Putter. Die beoordelaars is aktrise, regisseur en skrywer, Lizz Meiring, sanger en liedjieskrywer, Pieter Smith en bekroonde internasionale mimiekmeester, John Jacobs. Die regisseur van die program is Frans Swart van Lefra Kommunikasie en Bemarking. REVUE 2016 en REVUE EKSTRA is by Carnival City se Big Top Arena voor ‘n gehoor opgeneem.

 

 

REVUE 2016 is ‘n opwindende revuekompetisie vir Laer- en Hoërskole wat reeds vanaf 2 Oktober 2016 op kykNET NOU! (Kanaal 146) om 17:00 uitgesaai word.  Daar word ook ‘n “agter-die-skerms-Revue-program” uitgesaai, REVUE EKSTRA wat op Maandae om 19:30 op kykNET NOU! aan die beurt kom.  Die aanbieders van REVUE 2016 en REVUE EKSTRA is Sue Pyler, Hendri Myburgh, Mandi Baard en Danie Putter.  Die beoordelaars is aktrise, regisseur en skrywer, Lizz Meiring, sanger en liedjieskrywer, Pieter Smith en bekroonde internasionale mimiekmeester, John Jacobs.  Die regisseur van die program is Frans Swart van Lefra Kommunikasie en Bemarking.  REVUE 2016 en REVUE EKSTRA is by Carnival City se Big Top Arena voor ‘n gehoor opgeneem. 

 

Die agt semi-finaliste die Laerskole en die ses semi-finaliste in die Hoërskole Afdeling is onlangs aangewys en is tans besig om sake uit te spook op kykNET NOU! (Kanaal 146).  Vanuit die agt semi-finaliste word daar vier finaliste in albei afdelings aangewys wat dan op ‘n finale aand sal meeding om die titel van WENNER VAN REVUE 2016.  Die semi-finaliste is as volg:

  • LAERSKOLE

o   Laerskool Kruinsig Jnr

o   Laerskool Hennopspark

o   Laerskool Tuinrand

o   Laerskool Baanbreker Jnr

o   Laerskool Noordhoek

o   Laerskool Wonderboom

o   Laerskool Baanbreker Snr

o   Laerskool Kruinsig Snr

  • HOËRSKOLE

o   Hoërskool Dr EG Jansen

o   HTS Drostdy

o   Hoërskool Kempton Park

o   Hoërskool Hans Moore

o   Hoërskool Jeugland

o   Hoërskool Marais Viljoen

 

REVUE SA 2016 word aangebied met die vriendelike samewerking van Meat World wat as hoofborg optree.  MEAT WORLD het 12 takke regoor die land.  Angelino Perreira, Besturende Direkteur van Meat World sê dat dit ‘n baie goeie projek is om by betrokke te wees.  “Dit is is vir ons lekker om by jeugprojekte soos REVUE 2016 betrokke te wees, want ons jeug is ons toekoms en dis vir ons hier by MEAT WORLD belangrik om in die jeug te belê.  Ons gaan ook vir die wen-laerskool en wen-hoërskool elkeen R25 000 se vleis skenk om te gebruik vir hulle voedingskemas by die skool.”

 

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Kommunikasie en Bemarking, en waar die idee van ‘n nasionale revuekompetisie ontstaan het, sê dat hy baie opgewonde is oor die projek.  “Laerskole en hoërskole spandeer soveel tyd, geld en energie aan hulle jaarlikse revue.  Ek het al baie van hierdie revues gesien wat baie na aan professionele produksies se standaard is.  Dit was dan altyd vir my hartseer dat daar nie ‘n verdere lewe vir hierdie wonderlike revues is nie.  Juis daarom het ons by Lefra besluit dit sal uitstekend wees om hierdie revues nog ‘n slag te kan opvoer,” sê Swart.  Hy glo ook dat REVUE 2016 ‘n wonderlike platform sal skep vir skole om na mekaar se werk en produksies te kyk en te geniet.  “Dit gaan ook vir skole die geleentheid bied om te sien waar hulle eie standaard lê deur dit met ander produksies te vergelyk.  Ons is ook werklik baie opgewonde dat kykNET NOU! die reeks uitsaai en hierdie kunsvorm aan Suid-Afrika bekend gaan stel.  Revues maak heerlike en opwindende televisiemateriaal.”

 

Swart sê dat die kompetisie op ‘n uitklopbasis aangebied word.  “Ons het ook ‘n realiteitshoek aan die hele kompetisie gegee.  Die belangrikste egter is dat elke program ‘n wonderlike vertoning van dans, sang, beweging en kleur moet wees.  Ons besef maar te goed dat REVUE 2016 ‘n kompetisie is, maar ons glo ook dat dat skole, onderwysers, afrigters en leerders die geleentheid sal gebruik om nuwe vriende te maak en ook die geleentheid sal gebruik om van mekaar te leer.”

 

Groot pryse is op die spel en elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat van deelname.  Meer as R50 000 se kontantpryse is op die spel.  Meat World skenk R25 000 se vleis vir beide die wen laer- en hoërskool.  Dan is daar ook ‘n lekker verrassing vir die Revue Organiseerders – die wen laer- en hoërskool se Revue Organiseerders wen ook elkeen ‘n kajuit vir twee na die suksesvolle OPPIWATER KUNSTEFEES volgende jaar van Kaapstad na Namibië toe.

 

REVUE 2016 word aangebied met die vriendelike samewerking van Carnival City,  kykNET NOU!, Lefra Produksies, Meat World, Hollywood Costumes, McCarthy Volkswagen Arcadia, Neuhoff Ouditeure,  Playboy Unisex Intercoiffure, .

 

Vir meer inligting oor REVUE SA 2016, kontak asseblief vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 of stuur ‘n epos aan navrae@revues.co.za  Besoek gerus die webtuistes, www.kyknet.dstv.com  of  www.revues.co.za vir al die inligting. 

 

Die heruitsendings is as volg:

REVUE 2016: Maandae (14:00); Dinsdae (19:00); Woensdae (19:00) en Donderdae (10:00)

REVUE EKSTRA: Dinsdae (10:00); Donderdae (19:00); Vrydae (12:00) en Saterdae (18:30)

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button