NewsNews

Dit kom neer op opvoeding

Besoekers wat na die leë Vaaldam kom kyk, laat ongelukkig meer as net hul voetspore agter. “Gelukkig” gaan die gemors, die leë bottels, blikke en glasstukke binnekort weer deur water bedek wees. Mense sal eers weer daarvan kennis neem as ‘n kind of hengelaar in die vlak water deur ‘n blik of glasstuk gesny word. Hoe jammer….

Vaaldam photo 4

Peet Schabort van Deneysville skryf:
Bottelstukke en ander gemors is by die leë Vaaldam agtergelaat deur besoekers wat geen trots het om ‘n plek te verlaat sonder om dit te bevuil nie. Om te dink hulle gaan tuis drinkwater tap uit hierdie dam wat hulle so besoedel. Ek het nie woorde om hierdie mensvarke te beskryf nie. Ja, daar is nie vullishouers nie, maar ry jou vuilgoed wat nie vergaan nie saam met jou huis toe.
Daar behoort reeds op skool aandag gegee te word aan opvoeding, want daar is ouers wat nie ‘n voorbeeld is vir hul kinders nie en daardie kinders voltooi dan net ook die bose kringloop van aanhou om die natuur op te foeter. Alles kom neer op opvoeding.

Só laat besoekers aan die Vaaldam hul lelike spore agter

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button