NewsNews

BRANDSTOFPRYS: Daar is hoop

Daar is dalk ‘n bietjie lig aan die einde van die tonnel vir Desember.

Petrol-price-increase

Die Automobielvereniging van Suid-Afrika (AA) het gister die goeie nuus aangekondig dat brandstofpryse in Desember sal afneem.

Dit is ‘n groot verligting vir Suid-Afrikaners, veral die wat oor die feesseisoen met vakansie gaan.

Petrol sal na beraming 41 sent per liter goedkoper wees en diesel 38 sent. Die prys van lampolie sal na verwagting met 36 sent per liter afneem.

Die AA waarsku egter dat brandstofpryse die volgende paar maande steeds wipplank kan ry weens die politieke ontwikkelinge, die ekonomie en die moontlike veranderinge wat kan intree wanneer Donald Trump amptelik president van Amerika word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button