NewsNews

Oudisies vir Fiela se Kind

Kinders, jongmense en ouer garde wat aan die karakterbeskrywing voldoen, kan gerus ‘n oudisie by Lefra kom doen!

Stefan Vermaak het in 'n vorige jaar die rol van Benjamin in die produksie vertolk.

Stefan Vermaak het in ‘n vorige jaar die rol van Benjamin in die produksie vertolk.

Lefra Produksies beplan om in 2017 weer ‘n verhoogproduksie van Dalene Matthee se trefferproduksie, FIELA SE KIND op te voer.  Dit sal die derde produksie van FIELA SE KIND wees wat Lefra Produksies aanbied.  Vorige kere was die teaterproduksies baie gewild en vir weke uitverkoop.  Frans Swart, regisseur en vervaardiger van FIELA SE KIND sê hy is baie opgewonde om weer bos toe te gaan en hierdie wonderlike storie van Fiela te vertel.  “As mens ‘n goeie storie het, is dit soveel makliker om ‘n sukses daarvan te maak op die verhoog.  Ons is veral opgewonde om hierdie FIELA te premiére by vanjaar se Woordfees in Stellenbosch.  Daarna vertrek FIELA op die oseaan en speel ook op die baie suksesvolle OPPIWATER KUNSTEFEES,” sê Swart.

 

Daar word nou oudisies gedoen vir die kinders wat in FIELA SE KIND moet speel.  Swart sê die kinderrolle in Fiela is van kardinale belang.  “Die hele storie draai natuurlik om Benjamin/Lukas en ons maak gebruik van ‘n groot en klein Benjamin/Lukas. So ook van ‘n klein en groot Nina.  Hierdie rolle is baie belangrik, want dit gaan ook bepaal watter akteurs die volwasse Benjamin/Lukas en Nina gaan speel. Ons is ook op soek na Fiela en Selling se ander kinders.”

 

Rolle waarvoor oudisies gehou gaan word, is:

 

KARAKTER KARAKTERBESKRYWING
Benjamin (Kind) Blanke seun, 10 tot 14 jaar.  Fiela se vondelingkind.  Seun van Barta en Elias
Nina (Kind) Blanke dogter, 10 tot 14 jaar.  Dogter van Barta en Elias.
Lukas (Volwasse) Blanke man, 20 tot 30 jaar.  Fiela se vondelingkind.  Seun van Barta en Elias
Nina (Volwasse) Blanke vrou, 20 tot 30 jaar
Lange / Magistraat / Skoonmaker by Hof / Boswagter / Martiens Lang, skralerige man, 40 tot 50 jaar
Dikke / Magistraat / Konstabel / Veldkornet Effens gesette man, 40 tot 50 jaar
Willem (Kristoffel) Blanke seun, 12 tot 16 jaar.  Seun van Barta en Elias.
Dawid (Tollie) Bruin seun, 12 tot 16 jaar.  Seun van Fiela en Selling.
Emma (Kitty) Bruin dogter, 14 tot 18 jaar.  Dogter van Fiela se Selling.
Tant Gertjie (Malie) Blanke vrou, 40 tot 50 jaar.

 

Swart sê hy is onder andere baie trots op Stefan Vermaak (Villa Rosa) wat agt jaar gelede vir Lefra gespeel het as die klein Benjamin (foto) en sy eerste tree in die vermaaklikheidswese gegee het onder regie van Sandra Prinsloo.  “Hierdie is so ‘n lekker rol vir enige seun wat ‘n belangstelling in die teaterweses het,” sê hy.  “Dit sal help as die kinders reeds drama opleiding gehad het, maar dit is beslis nie ‘n vereiste nie.”

 

Belangstellendes kan CV’s en ‘n onlangse foto epos aan admin@lefra.com Die sluitingsdatum vir oudisies is 2 Desember 2016 om 13:00.  Vir meer inligting, skakel gerus vir Charl Senekal by 011 815 3000 of epos aan info@lefra.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button