NewsNews

Wat skort met die Springbokke?

Adv. André May (president van die Luiperds Rugbyunie): SA Rugby is besig om voeling met sy ondersteuners te verloor. Ek dink na die verloor teen Italië is daar net meer mense wat Springbokrugby los. Die probleem is dat groot groepe rugbyondersteuners nie gemaklik met transformasie is nie. Die realiteit is dat transformasie hier is…

SARU-logo

Adv. André May (president van die Luiperds Rugbyunie):

Adv. André May

Ek dink ons is in daardie moeilike oorgangsfase waar baie spelers net nog nie op die regte vlak is nie. Die kwaliteit spelers is nie meer daar nie. SA Rugby moet nou manne soos Bakkies Botha, Victor Matfield, Fourie du Preez en Jean de Villiers vervang en dit gaan ‘n tyd vat. Dit gaan ook nie help om vir Allister Coetzee af te dank nie. Dit sal ‘n debakel wees. Dit is onbillik om ‘n afrigter so ‘n kort tyd te gee om homself te bewys. Met wie gaan jy hom vervang? Die vraag is wie wil regtig daardie Bok afrigtingspos hê.

Ons gaan al hoe meer professioneel moet raak om by die top rugbylande in die wêreld te bly wat goed genoeg is. Die afrigter kry te min tyd om met die spelers te werk en hulle in ‘n hegte eenheid te vorm.

Mervyn Taylor (bestuurder van die NWU-Puk Rugbyinstituut):

Mervyn Taylor

Ek glo dat die Springbokke nog steeds sal regkom. Dit gaan op hierdie stadium baie oor die keuse van spelers en die beskikbaarheid van sleutelspelers.

Party spelers is beseer of in die buiteland en dit maak ‘n groot verskil. Ek reken ook die bestuurspan kan nie vir alles blameer word nie en dat die spelers ook die blaam moet dra vir die afgelope paar vertonings.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button