NewsNews

Die stopteken is terug!

Meer as ’n jaar later en die stopteken by die Loop- en Waterstraat-kruising by Welkom kafee, is weer terug na vele pleidooie selfs op Facebook. Die teken is op 10 September 2015 deur werknemers van die Ngwathe munisipaliteit afgesny omdat daar nie ‘n stopteken volgens die munisipaliteit moes wees nie. Ten spyte van rdl. Saal de Jager se versoeke om nie die teken af te saag nie, omdat hy geglo het dat daar ’n misverstand was, is dit tog gedoen. Sy vraag was of dit nie dalk die stopteken in die glybaan vanaf die dorp was wat verwyder moes word nie? Maar sy vrae het op dowe ore geval.

Meer as ’n jaar later en die stopteken by die Loop- en Waterstraat-kruising by Welkom kafee, is weer terug na vele pleidooie selfs op Facebook.
Die teken is op 10 September 2015 deur werknemers van die Ngwathe munisipaliteit afgesny omdat daar nie ‘n stopteken volgens die munisipaliteit moes wees nie.
Ten spyte van rdl. Saal de Jager se versoeke om nie die teken af te saag nie, omdat hy geglo het dat daar ’n  misverstand was, is dit tog gedoen. Sy vraag was of dit nie dalk die stopteken in die glybaan vanaf die dorp was wat verwyder moes word nie? Maar sy vrae het op dowe ore geval.
Voor die stopteken afgesaag is, het munisipale werknemers eers die stopmerke op die pad groter geverf, toe die teken afgesaag en die volgende dag was hul terug om ook die stop padmerke met swart verf dood te verf.
Ds Ian Jonker en rdl De Jager het kapsie gemaak en  gevra dat minstens die padmerke gehou word omdat die kruising groot verwarring by motoriste skep en groot ongelukke kan veroorsaak, veral omdat baie motoriste wat net deur die dorp beweeg nie die kruising ken nie. Hierop is die padmerke laat staan.
Wonder bo wonder was daar geen groot ongelukke die afgelope jaar by die kruising nie, en is dit dalk juis die onsekerheid wat mense meer versigtig laat bestuur het by die verwarrende kruising.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button