NewsNews

Breek die stilte oor gesinsgeweld: Kom kyk en luister vanoggend

Parysenaars word, as deel van die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum se veldtog, genooi om vanoggend Saterdag 26 November tussen 09:00 en 10:00 na ’n tentoonstelling van motorfietse te kom kyk in die parkeerarea voor die dorp se stadsaal. Terselfdertyd sal die publiek toegespreek word deur die GPF en Cluster polisie oor gesinsgeweld, die tekens daarvan en hoe om, as jy ’n slagoffer is, jouself te beskerm deur ’n beskermingsbevel. Die sektorpatrolleerders van Parys sal by die geleentheid beskikbaar wees om met lede van die publiek te gesels oor veiligheid. Vir navrae skakel ao. Jan le Roux by (056) 816 2500 of Anne-marie du Toit van die GPF by (056) 811 4631.

policeP2

 

Related Articles

Back to top button