NewsNews

Raaisel oor erg ontbinde lyk in erf

‘n Erg ontbinde lyk is vanoggend (23 November) omstreeks 09:00 in ‘n erf in Mareestraat gevind. Die bure se tuinier was glo besig om in die tuin te werk toe hy iets slegs geruik het. Hy het die reuk gevolg tot hy op die gru–vonds afgekom het. Mooirivier Beskerming is daarheen ontbied en oppad daarheen is…

Die pyl wys waar die lyk gevind is

Die pyl wys waar die lyk gevind is

Die bure se tuinier was glo besig om in die tuin te werk toe hy iets slegs geruik het. Hy het die reuk gevolg tot hy op die gru–vonds afgekom het. Mooirivier Beskerming is daarheen ontbied en oppad daarheen is die polisie ook in kennis gestel.

Met aankoms is die lyk agter ‘n hondehok in die hoek van die erf gevind.  Daar kon egter nog nie vasgestel word wie die persoon is, hoe die lyk daar beland het of hoe lank dit al daar gelê het nie.

Volgens ander bure in die omgewing was daar ongeveer ‘n week gelede ‘n inbraak by die oorkantste erf waar verdagtes gevlug het. Een van die gerugte wat die rondte doen is dat die lyk moontlik een van die inbrekers was wat die aand gevlug, oor die muur wou klim waarna hy geval en sy nek gebreek het.

Die polisie stel verder ondersoek in.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button