NewsNews

Breek die stilte oor gesinsgeweld

Die 16 dae van aktivisme teen geslags gebaseerde geweld skop vanjaar af op 25 November (wat ook die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue is). Die veldtog loop dan ten einde op 10 Desember, wat Internasionale Menseregtedag is. In Suid-Afrika is die 16 dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders sedert 1998 ’n jaarlikse instelling.

Die 16 dae van aktivisme teen geslags gebaseerde geweld skop vanjaar af op 25 November (wat ook die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue is). Die veldtog loop dan ten einde op 10 Desember, wat Internasionale Menseregtedag is.
In Suid-Afrika is die 16 dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders sedert 1998 ’n jaarlikse instelling.
Parysenaars word, as deel van die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum se veldtog, genooi om op Saterdag 26 November tussen 09:00 en 10:00 na ’n  tentoonstelling van motorfietse te kom kyk in die parkeerarea voor die dorp se stadsaal. Terselfdertyd sal die publiek toegespreek word deur die GPF en Cluster polisie oor gesinsgeweld, die tekens daarvan en hoe om, as jy ’n slagoffer is, jouself te beskerm deur ’n beskermingsbevel. Die sektorpatrolleerders van Parys sal  by die geleentheid beskikbaar wees om met lede van die publiek te gesels oor veiligheid. Vir navrae skakel ao. Jan le Roux by (056) 816 2500 of Anne-marie du Toit van die GPF by (056) 811 4631.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button