NewsNews

Jeuk en krap jou hond onophoudelik? Stop hierdie somer die allergiesiklus

As jou hond se gedurige gekrap, gelek, gejeuk en geskud van die ore jou in die somer teen die mure uitdryf, is jy nie alleen nie. Allergieë is baie algemeen by honde. Meer as die helfte word deur vlooie en ander omgewingsallergene soos stuifmeel, skimmel en huisstofmyte veroorsaak.

 

 

As jou hond se gedurige gekrap, gelek, gejeuk en geskud van die ore jou in die somer teen die mure uitdryf, is jy nie alleen nie. Allergieë is baie algemeen by honde. Meer as die helfte word deur vlooie en ander omgewingsallergene soos stuifmeel, skimmel en huisstofmyte veroorsaak.

 

Dr. Guy Fyvie, veterinêre raadgewer vir Hill’s Pet Nutrition Suid-Afrika, sê allergiesimptome is dikwels op die vel sigbaar. “Dele rondom die voete, gesig, ore, armholtes en geslagsdele word die meeste aangetas. Jy sal dalk ook haarverlies en die vorming van korse en rowe opmerk. ”

 

Omgewingsallergieë kan seisoenaal wees en veral in die lente en somer voorkom (bv. weens stuifmeel) of regdeur die jaar ʼn probleem wees (bv. weens huisstofmyte). Die hond krap, byt of lek onophoudelik om die jeuk te verlig, wat dikwels die vel beskadig. Dit laat allergene makliker binnedring, wat sekondêre velinfeksies (soos die gevreesde “hotspots”) veroorsaak. Hierdie krap-jeuk-krap raak ʼn bose siklus wat uiters moeilik is om te verbreek of te beheer.

 

Dr. Fyvie sê in ʼn volmaakte wêreld sou mens natuurlik die allergeen totaal vermy. “Dit is egter nie altyd moontlik nie, veral nie met goed soos stuifmeel of huisstofmyte uit die omgewing nie. Nougesette beheer van vlooie is uiters noodsaaklik”.

 

Behalwe ʼn velirritasie kan jy ook ʼn onaangename reuk of ontsteekte ore bespeur as jou hond met allergieë sukkel. “Besoek dadelik jou veearts as jou hond tekens van allergieë toon. Vroeë ingryping kan die bose krap-jeuk-krap-siklus stop voor dit begin en so meer ernstige komplikasies, ongemak en stres help voorkom,” sê dr. Fyvie.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button