NewsNews

Hoe vol is die Vaaldam nou?

Hoewel die Vaaldam se watervlak elke dag ‘n bietjie styg, is streng waterbeperkings steeds in plek. Inwoners word gevra om water spaarsamig te gebruik, want die krisis is nog lank nie verby nie.

f67f2b66-348f-4bcb-8433-037bdf762d29-806x453

Die Vaaldam se watervlak was op 24 Augustus op 33.3% en teen 7 November het dit skerp gedaal en maar op 26,3% gestaan.

Na onlangse reënval in die opvangsgebied asook die water wat van die Sterkfonteindam vrygestel is na die Vaaldam, het die watervlak gestyg tot 33.3% teen 21 November.

Die Vaaldam voorsien inwoners van Gauteng van water.

Inwoners word gevra om water spaarsamig te gebruik tydens die droogte waaronder die land gebuk gaan.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button