NewsNews

Moordverhoor sal in Mei 2017 begin

Die verhoor van die ses beskuldigdes wat tereg staan op twee klagte van moord ná die dood van Simon Tjixa en Samuel Jubeda in Januarie 2016, sal op 2 Mei 2017 in die rondgaande Hoë Hof in Parys begin. Die verhoordatum van Anton Loggenberg, sy seun Cor Loggenberg 'n matrikulant aan Potchefstroom Gimnasium, Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie van der Westhuizen Jr, Miela Jansen van Vuuren en kapt. Henk Prinsloo, is vandag (18 November) deur vroue-regter Mbhele vasgestel vir 2 tot 26 Mei 2017 in die Rondgaande Hoë Hof in Parys.

Die verhoor van die ses beskuldigdes wat tereg staan op twee klagte van moord ná die dood van Simon Tjixa en Samuel Jubeda in Januarie 2016, sal op 2 Mei 2017 in die rondgaande Hoë Hof in Parys begin. Die verhoordatum van Anton Loggenberg, sy seun Cor Loggenberg ‘n matrikulant aan Potchefstroom Gimnasium, Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie van der Westhuizen Jr,  Miela Jansen van Vuuren en kapt. Henk Prinsloo, is vandag (18 November) deur vroue-regter Mbhele vasgestel vir 2 tot 26 Mei 2017 in die Rondgaande Hoë Hof in Parys.

Die dossiere en klagstate is reeds in Augustus aan die verdediging oorhandig en was daar toe 67 getuies gelys met die aanduiding dat daar meer getuies is.

In die klagstaat word daarna verwys dat die oorledenes glo lone wat aan hulle verskuldig was op die betrokke dag by Loedie van der Westhuizen Sr, Boeta se pa en Loedie Jr se oupa, wou gaan haal het. Jubeda en Tjixa se dood het gevolg ná meer as 40 boere die dag gereageer het toe die 73-jarige Loedie van der Westhuizen die noodknoppie op sy plaas in die Weiveld-distrik gedruk het toe hy na bewering op sy plaas aangeval is.

Boere van die distrik en tot sover as Koppies het in die lig van vroeëre waarskuwings oor ‘n moontlike plaasaanval in die spesifieke omgewing wat al in Desember 2015 bekend geword het, dadelik gereageer, en is die oorledenes deur van die boere op een van die buurplase in hegtenis geneem. Die oorledenes is toe glo sodanig beseer dat hul kort nadat hulle in hegtenis geneem is, aan hul beserings in die hospitaal bewyk het. Die oorsaak van die oorledenes se dood is aangedui as veelvuldige beserings.

Die staat het in Augustus die klagte van moord teen Fanie Oosthuizen, Wian van der Westhuizen, Muller van der Westhuizen en Wikus van der Westhuizen wat vroeër ook onder die beskuldigdes was, teruggetrek. Die klagte van moord is ook teen Riaan Swart, teruggetrek en gewysig na twee klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer.  Hy is op beide klagte skuldig bevind en vonnisoplegging uitgestel vir vyf jaar wat beteken dat sou hy binne die volgende vyf jaar aan soortgelyke klagte van aanranding skuldig bevind word, hy op hierdie klagtes gevonnis sal word. Hy mag ook vir die volgende vyf jaar nie ‘n vuurwapenlisensie besit nie.

 

 

Related Articles

Back to top button