NewsNews

Voëlkykdag op Deelfontein

Belangstellende voëlkykers word genooi na ’n besondere Voëlkykdag op Deelfontein op Saterdag 3 Desember. Voëlidentifisering na afleiding van hul roepe sal gedoen word vanaf 08:00 tot 12:00 onder leiding van Jan Fourie. Die plaas Deelfontein van Gerhard Benadé is geleë op die Schoemansdrifpad 25km vanaf Parys. Bring ‘n piekniekmandjie saam vir kuier ná die tyd. Program:

Belangstellende voëlkykers word genooi na ’n  besondere Voëlkykdag op Deelfontein op Saterdag 3 Desember. Voëlidentifisering na afleiding van hul roepe sal gedoen word vanaf 08:00 tot 12:00 onder leiding van Jan Fourie.
Die plaas Deelfontein van Gerhard Benadé is geleë op die Schoemansdrifpad 25km vanaf Parys.  Bring  ‘n piekniekmandjie saam vir kuier ná die tyd.
Program:
08:00: Eerste sessie: Powerpoint aanbieding en bespreking. Bring die roep en
die voël bymekaar – seminaarkamer
09:00: Tweede sessie: Stap in die veld in groepe en luister, kyk en tel die aantal
spesies.
11:00: Derde sessie: Nabetragting en terugvoering – seminaarkamer
12:00: Vierde Sessie (opsioneel): Pak die piekniekmandjies uit en kuier saam.
Vir voëlkykers wat al Vrydag wil deurgaan en oorbly of Saterdag wil oorbly is daar selfsorg verblyf beskikbaar.
Vir Besonderhede oor verblyf en bespreking skakel Gerhard Benadé by 083 280 9784 of stuur e-pos na gerhard@deelfontein,co.za. Padaanwysings is op www.deelfontein.co.za
Bring jou veldgids of “I-Pad” saam en kom geniet ‘n heerlike voëlkykdag. Ons hoop dat dit teen daardie tyd al lekker gereën het en dat die trekvoëls ook terug is.
Vir navrae oor die uitstappie skakel Jan Fourie by 082 891 7163 of stuur e-pos na jan.fourie.tours@gmail.com
of skakel vir Gerhard.

Related Articles

Back to top button