NewsNews

Lions reik uit na skole met SPOT-toets

Die Lions het verlede week hul eerste uitreik na skole in Parys gehou met die SPOT-oogtoets projek. Teen verlede Woensdag is daar oor twee dae reeds 1 026 leerlinge by Schonkenville Intermediêre Skool se oë getoets en is aanbevelings gemaak vir ’n volle oogtoets vir 121 van dié leerlinge.

Die Lions het verlede week hul eerste uitreik na skole in Parys gehou met die SPOT-oogtoets projek.
Teen verlede Woensdag is daar oor twee dae reeds 1 026 leerlinge by Schonkenville Intermediêre Skool se oë getoets en is aanbevelings gemaak vir ’n  volle oogtoets vir 121 van dié leerlinge.
SPOT oogtoetse sou ook by Selogilwe, Botjhabatsatsi Primary School en Sindekile Primary School gedoen word. Die toets is ’n baie vinnige toets wat moontlike visie probleme identifiseer, waarna leerlinge na ’n oogkundige verwys word vir ’n volledige oogtoets, sou dit nodig wees.
Die Lions sê dankie aan die skole wat hul toegelaat het om die toets te kom doen, asook die helpers, voornemende Lions, Lindiwe Seabi en Daisy Mosai, asook Karen Addison van Otters Haunt. Enigeen wat belangstel om by Parys Lions aan te sluit, kan Louis van Rensburg by 082 372 6988 skakel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button