NewsNews

Kersparty-bederf vir kinders beplan

Die Verrassingspakket-maatskappy wat deur Bennie en Liana van Dyk begin is, beoog om op 26 November ’n Kerspartytjie vir tussen 42 en 50 minderbevoorregte kinders tussen die ouderdom van 0 en 18 jaar uit die Vaaldriehoek, Parys en Lindequesdrift-omgewing te hou.

Die partytjie word gehou by Hakuna Matata. Kersvader sal ’n  draai by die kersboom kom maak en Clive Bruce en ander kunstenaars tree op. Daar sal ook ’n  springkasteel, waterwurm, hindernisbaan en potjiekoskompetisie wees.
Die kinders wat die dag bederf gaan word is reeds geïdentifiseer uit die 40 gesinne aan wie daar tans maandeliks kospakkies voorsien word.
Die gemeenskap se ondersteuning word gevra en enige skenkings vir hierdie gesinne sal waardeer word in die vorm van nie-bederfbare kos, skoonmaakmiddels, toiletware, klere, skoene, ou meubels, breekware of selfs mense wat bereid is om werk aan die broodwinners in die gesinne te verskaf.
Mense wat kan help kan skenkings aflaai by Petro Serfontein by Schilbachstraat 91 of skakel Liana by 079 511 3820. Mense kan ook op die Verrassingspakketmaatskappy se Facebook-blad meer inligting kry.

Related Articles

Back to top button