NewsNews

Kansa het jou hulp baie nodig

Die Kansa-kantoor in Parys is weer volstoom aan die gang vanaf Augustus 2016. Die behoefte is net té groot onder ons kankerpasiënte en daarom die besluit om weer ’n kantoor te open. Sonder die gemeenskap van Parys se steun is dit egter absoluut onmoontlik om hierdie taak te verrig. Daarom word ’n beroep op elkeen wat vandag hier lees gedoen om saam met Kansa hande te vat.

Die Kansa-kantoor in Parys is weer volstoom aan die gang vanaf Augustus 2016.
Die behoefte is net té groot onder ons kankerpasiënte en daarom die besluit om weer ’n  kantoor te open.
Sonder die gemeenskap van Parys se steun is dit egter absoluut onmoontlik om hierdie taak te verrig.
Daarom word ’n beroep op elkeen wat vandag hier lees gedoen om saam met Kansa hande te vat.
Waar kan jy help?
· Pasiëntesorg vrywilligers (skakel gerus om te hoor wat dit behels.
· Fondse om hierdie diens te kan verrig (wat aangewend word vir doeke, hulpmiddels ensovoorts om pasiënte so gemaklik moontlik te kan maak)
· Debietorders met die bedrag van jou keuse kan by die Kansa-kantoor in Kerkstraat geteken word.
Die kantoor se misie is om ’n  kamer in ’n  aftreeoord te bekom waar pasiënte wat dit nie kan bekostig deur Kansa in die versorgingseenheid geplaas kan word, en dan deur Kansa geborg en ondersteun word sodat hul waardig en pynvry kan sterf.
In die afgelope twee maande is die volgende dienste reeds gelewer:
· 633 GRATIS kankervoorkomingstoetse is gedoen. (Kansa het Pathcare se onkoste gedra).
· 12 sterwingsbegeleidings is gedoen
· 3 Gratis borsprostese is voorsien
· Verskeie hulpmiddels is gratis voorsien
· 11 Pakke doeke is gratis voorsien.
· 590 Interaksies met kankerpasiënte is gedoen deur middel van telefoonoproepe, smse, 1-tot-1 gesprekke.
· 2580 Persone is bereik waar gesondheidspraatjies gedoen is en ook kankerbewusmakings uitstallings gehou is
· Maandelikse radiopraatjie
· Ondersteunigsgroepe
“Uit my hart doen ek ’n  beroep op die gemeenskap om asseblief betrokke te raak. Jou R50 per maand of 2 ure ’n week kan ‘n verskil in iemand se lewe maak,” sê Sanette Boonzaier.

Related Articles

Back to top button