NewsNews

Malema se motorbestuurder nog nie in hof nie

Die polisie het vanoggend bevestig dat EFF-leier, Julius Molema, se motorbestuurder wat gister na die polisiestasie in Parys gebring is waar klagte gelê is vir die oortreding van die Padverkeerswet, nog nie vandag voor die hof sal verskyn nie. Die polisie sal eers die saak volledig ondersoek.

Verkeersbeamptes het gister naby Parys probeer om Malema se silwerkleurige Mercedes Benz van die pad af te trek toe die motor tussen die Vaalrivier en Vaalplaza-tolhek buite Parys teen 187km in ‘n 120km sone oor die spoedlokval is. Die motor het egter weggejaag en is deur verkeersbeamptes agterna gesit wat die motor in Ventersburg van die pad afgetrek het. Die motorbestuurder is teruggebring na Parys waar die klag gelê is.

Malema was onderweg na Bloemfontein waar hy vir ‘n ander saak voor die hof moes verskyn.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button