NewsNews

Vanderbijlparkse polisievrou en stigter van Jessica’s Wall of Life vermoor

VANDERBIJLPARK. – Die gemeenskap is in rou gedompel oor die skielike dood van ao. Michelle Stephenson.

IMG-20161115-WA0001

Ao. Michelle Stephenson, stigter van Jessica’s Wall of Life, is vermoedelik vermoor tydens ‘n huisroof.
Volgens haar buurman het hy iemand haar naam hoor roep. Die dame het haar vir werk kom oplaai en dit was vir haar ongewoon dat Michelle nog nie gereed was vir werk nie.

Die buurman het die slotte afgebreek en deur een van die vensters geklim, waar hy op haar lewelose liggaam afgekom het.

Die gemeenskap is in rou gedompel oor die skielike dood van ao. Michelle Stephenson.

Die polisie en forensiese spanne is steeds besig om die toneel vir meer leidrade te fynkam.

Inligting dui daarop dat dit moontlik ‘n huisrooftog was.

10362850_407942999366159_8918921769516009883_n

Related Articles

Back to top button