NewsNews

Dodetal op 4 na vloede

Minstens vier mense is reeds dood nadat swaar reën gister in Johannesburg en die Oos-Rand uitgesak en kitsvloede tot gevolg gehad het. Meer as 150 voertuie is ook beskadig.

14956412_705507116270765_5611682827203183249_n

Reddingspanne het vroeg vanoggend weer hul reddingspoging hervat om na mense van die verlate voertuie te soek.

Die Johannesburg-rampbestuursentrum is intussen op die been gebring om die skade te bepaal, te begin opruim en diegene in nood by te staan.

 

jhb-vloede-8

 

Spesiale aandag word aan die gesinne van die informele nedersettings langs die Jukskeirivier gegee, waar sowat 130 gesinne dakloos gelaat is. Die R55-Jukskeibrug het ineengestort en ʼn gedeelte van die grensmuur van die Johannesburg-dieretuin het ook in die slag gebly.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku dat hewige donderstorms Donderdagmiddag oor Gauteng verwag kan word. Inwoners moet veral Vrydag op hul hoede wees wanneer daar ‘n 80% kans vir reën is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button