NewsNews

Brand by twee fabrieke op een dag in Midvaal

MEYERTON. – Midvaal Brandweer is gister net voor 16:00 ontbied na ‘n brand by een van die fabrieke in die industriële gebied in Midvaal.

IMG-20161110-WA0002

Met hul aankoms het rook oral by die fabriek uitgeborrel en moes hulle vinnig reageer om die brand te blus.
Twee brandweerwaens en agt brandweermanne was op die toneel.
Die brand het vermoedelik ontstaan weens ‘n oliepan wat aan die brand geslaan het.
Met hul aankoms was die fabriek reeds ontruim en die brand is vinnig geblus.
Geen beserings is aangemeld nie.
Net voor 17:00 is Midvaal Brandweer na die volgende brand, dié keer by ‘n fabriek in Kliprivier, waar ‘n kragopwekker aan die brand geslaan het.

 

Rook trek by die gebou uit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button