NewsNews

VLU reik uit na Kansa met prostese-skenking

Die Parys Vroue Landbou-unie (VLU) dames het hul jaarafsluiting op 1 November by Bella De Jour gehou.

Die Parys Vroue Landbou-unie (VLU) dames het hul jaarafsluiting op 1 November by Bella De Jour gehou.
By die geleentheid het dié dames ’n borsprostese skenking aan Kansa Parys oorhandig. Dit is deur Sanette Boonzaier namens Kansa in ontvangs geneem.
Die Kansa-kantoor in Parys is in Kerkstraat geleë en lewer ’n  waardevolle hulp- en ondersteuningsdiens aan kankerpasiënte en hul families. Papsmere, borsondersoeke en bystand met terminaal siek pasiënte is net ‘n paar van die dienste wat hier gelewer word.
Kansa is egter afhanklik van die publiek se bydraes om die werk wat hul doen te kan voortsit.  Jy kan ’n bydrae maak by die Kansa-kantoor, of deur ’n  maandelikse debietorder (dit kan ook by Sanette by die kantoor gereël word).

Related Articles

Back to top button