NewsNews

Net span stywer om munisipale besoedelaars

Daar is in die verlede al verskeie keer berig oor rioolbesoedeling in Parys. Nie alle rioolbesoedelingsinsidente haal egter die nuus nie. Volgens Johan Smit van SAVE se Parys-subkomitee is daar weekliks een of meer insidente van rioolbesoedeling. Dit gaan egter nie ongesiens verby nie, en daar word die laaste ruk met nuwe ywer gedokumenteer aan sulke insidente van omgewingsbesoeling.

Daar is in die verlede al verskeie keer berig oor rioolbesoedeling in Parys. Nie alle rioolbesoedelingsinsidente haal egter die nuus nie. Volgens Johan Smit van SAVE se Parys-subkomitee is daar weekliks een of meer insidente van rioolbesoedeling. Dit gaan egter nie ongesiens verby nie, en daar word die laaste ruk met nuwe ywer gedokumenteer aan sulke insidente van omgewingsbesoeling.
Save the Vaal Environment (of te wel SAVE), is ’n  nie-winsgewende organisasie wat hul beywer vir die bewaring van die Vaalrivier-omgewing teen enige vorm van besoedeling. SAVE het ’n  aantal jare gelede in die Loch Vaal-omgewing ontstaan wat met dieselfde probleme van rioolbesoedeling gesukkel het (en nog steeds doen!). Daarna het dit uitgebrei om die Vaaldam stroomop, en die Parys/Koepel-omgewing stroomaf ook in te sluit.
SAVE Parys het in 2010 ’n  suksesvolle hofinterdik teen Ngwathe Munisipaliteit bekom teen die storting van onverwerkte riool vanaf die rioolaanleg. Dit het die aandag van  Departement Waterwese en Sanitasie (DWS) getrek en deels bygedra tot die opgradering van die rioolwerke kort daarna.
Die probleem is egter nie opgelos nie, aangesien riool steeds tydelik by mangate en pompstasies uitstoot weens probleme met die infrastruktuur. Dit gebeur gewoonlik wanneer pompe by rioolpompstasies nie werk nie.
Soms kan dit toegeskryf word aan elektriese probleme (soos kabeldiefstal), maar in ander gevalle is dit pompe wat breek of gaan staan weens (sanitêre) lappe wat ingesuig word en blokkasies veroorsaak.
Volgens Johan bly dit ’n probleem dat mense goed soos lappe en sanitêre doeke in toilette afspoel, maar is daar voorsiening gemaak deur roosters wat sulke soliede material moet onderskep voor dit deur die pompe ingesuig word. “Indien hierdie roosters gereeld skoongemaak word, behoort dit nie ‘n probleem te wees nie. Ons het egter twee weke gelede ‘n geval gehad waar die rivierpompstasie se pompe gestaan het bloot omdat daar nie ‘n rooster was nie!, sê hy.
Volgens Johan is dit verstaanbaar as pompe weens onvoorsiene omstandighede soos kabeldiefstal nie werk nie. Dit is egter  krimineel as pompe gaan staan weens swak beplanning of onderhoud soos om nie roosters na te gaan en vervang nie. “Ek moes al in die verlede uit my eie sak eenvoudige goed soos waaierbande vir die pompe koop omdat daar nie behoorlik deur die munisipaliteit voorsiening gemaak is nie!”
Volgens wetgewing moet die munisipaliteit sulke besoedelingsinsidente aan DWS rapporteer, maar dit gebeur nie altyd nie. SAVE het egter met DWS begin saamwerk om dit te doen, en in samewerking met lede van die publiek bou SAVE ‘n databasis van insidente op om die munisipaliteit verantwoordelik te hou.
Daarom doen SAVE ‘n beroep op die publiek om enige vorm van riool of ander besoedeling aan hulle te rapporteer. Dit kan gedoen word deur Johan direk te skakel by 083 2044 674, of om aan te sluit by SAVE Parys se Facebookgroep.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button