NewsNews

Kom stem vir jou gunsteling kersboom

Die immergewilde Fees van Kersbome, wat die Rotary klub van Potchefstroom Mooi in samewerking met die Potchefstroomse Museum anabied, word vanjaar gehou vanaf 19 November tot 9 Desember in die Hoofmuseum in Potchefstroom.

As jou kersboom op baie unieke en kreatiewe wyse versier is, moet jy verseker inskryf! Geen inskrywingsfooie word gehef nie. Die publiek stem vir hul gunsteling boom in elk van die 2 kategorieë – bome kleiner as 1,5m en bome groter as 1,5m.
In ruim vir jou stem bring ’n  blikkie nie-bederfbare voedsel vir hulle in nood. Verlede jaar is 60 bome uitgestal en kom met dié poging 3 000 blikkies ingesamel word vir 3 verdienstelike organisasies.
Die museum is op die h/v Sol Plaatjie en Wolmaransstraat in Potchefstroom en die bome kan op weeksdae besigtig word van 09;00 tot 20:00, Saterdae van 09:00-12:00 en weer van 18:00 tot 20:00 en op Sondae van 14:30 tot 17:00.
Vir navrae skakel Esmarie by 072 287 7994.

Related Articles

Back to top button