NewsNews

Stortingsterrein: DA kyk na oplossings

DA-raadslede sê hulle vorder fluks om oplossings te kry vir die gemors op Parys se ongelisensieerde munisipale stortingsterrein (Gazette 20 Oktober). Rdl. Saal de Jager (Wyk 12) sê onmiddellike ingryping is nodig. “Inwoners van Tumahole ná aan die stortingsterrein ly byna daagliks onder verstikkende rookdampe van die onwettige vure op die terrein.”

DA-raadslede sê hulle vorder fluks om oplossings te kry vir die gemors op Parys se ongelisensieerde munisipale stortingsterrein (Gazette 20 Oktober).
Rdl. Saal de Jager (Wyk 12) sê onmiddellike ingryping is nodig. “Inwoners van Tumahole ná aan die stortingsterrein ly byna daagliks onder verstikkende rookdampe van die onwettige vure op die terrein.”
Hy kla ook oor onwettige storting van rommel aan weer-skante van die Doverpad. “Diere vreet die gemors, en gevaarlike stowwe spoel af na Oudewerf-spruit.” De Jager sê die gemors beland in die rivier reg bokant die inlaat vir Parys se drinkwater.
Hy pleit nou weke lank al vir optrede en sê dringende ingrypings moet opgevolg word deur ‘n omvattende plan. Hy en DA-raadslid Arnold Schoonwinkel samel tans idees vir só ‘n plan in by DA-beheerde munisipaliteite, waarvan sommige volgens hom groot sukses het met die vermindering en herwinning van munisipale afval. “Ons het ook gaan kers opsteek by GreenCape, ‘n afdeling van die Wes-Kaapse Provinsiale regering en akademici.”
Volgens De Jager is talle oplossings onmiddellik beskikbaar en poog hy en Schoonwinkel om ook die Ngwathe burgemeester, Joey Mochela se steun te kry.
’n  Beroep word ook weer op alle inwoners gedoen om die mense te ondersteun wat ’n  lewe probeer maak uit die verkoop van glas, papier en blik. Jy sien hul daagliks in die dorp se strate waar hul herwinbare materiaal bymekaar maak en met die swaar gelaaide sakke op hul koppe beweeg om die materiaal te gaan verkoop.
Hulle inkomste sê hierdie herwinnaars is minimaal – soms tot so min as R40 per dag, maar elke bietjie help om die pot aan die kook te hou. ’n Tyd gelede het die DA ook met die inisiatief begin om mense aan te moedig om herwinbare materiaal in ’n aparte sak saam met hul huisvullis op die onderskeie verwyderingsdae uit te sit. Jy hoef nie die glas of blik te was nie. As die herwinbare materiaal egter in ’n  aparte sak is, is dit makliker en meer higiënies vir herwin-smouse om bymekaar te maak sonder dat daar in vullisssakke gekrap word. Enige glas, blik of papier kan deur hulle geruil word vir geld, sê die herwin-smouse.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button