NewsNews

Slaggate: Dan maak ons self reg

As ‘n man elke dag ’n haas onbegaanbare pad moet ry om by die werk te kom, dan is dit tyd om self plan te maak. Só het Danie Pretorius, eienaar van Master Drilling in Fochville verlede week die daad by die woord gevoeg. Hy het ’n span van sy werknemers gestuur om die groot aantal slaggate reg te maak vanaf die ingang by die laagwaterbrug na die Parys Golf & Country Estate, al langs die rivier by Esplenade verby die hangbrug tot by die aansluiting van Boomstraat met Van Collerstraat. Danie, wat self ’n inwoner is op die Parys Golf & Country Estate, het besef hoeveel skade die roete wat hy elke dag ry, aan sy voertuig en ook dié van ander motoriste aanrig wat moet uitswaai vir gat op gat.

Daar word al jare  gevra dat die pad herstel moet word, veral omdat die rivier en hangbrug een van Parys se grootste toerisme aantreklikhede is wat mense na die dorp lok. Die materiaal en arbeid vir die herstel en teerwerk wat nou gedoen is, word op sowat
R30 000 geskat.
Danie,  Parys sê dankie vir sulke inisiatief!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button