NewsNews

Blikore hou reünie dié naweek – kuier saam

Is jy ’n oud-Blikoortjie, ouer of onderwyser van die skool? Blikoortjies-kleuterskool in Parys hou ’n 40 jaar lekker saamkuier reünie (1976 tot 2016) dié naweek op Saterdag 5 November van 11:00 tot laat op die skoolterrein in Schilbachstraat.

Die koste is R50 per volwassene, R25 per kind, en kleuters kan gratis kom saamkuier.
Bring net jou eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Die skool voorsien die vuur en bykosse. Daar sal ’n  waterglybaan en springkasteel wees en spesiale opvoering deur die kleuters om 12:00. Vure sal gereed wees vanaf 13:00.
Kom kuier saam met huidige en oud-Blikore en geniet die musiek en vermaak vir kinders wat die hele middag gebied word.  Vir navrae en besprekings skakel Blikoortjies by (056) 811 4822 of stuur e-pos na blikoortjies2telkomsa.net

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button