NewsNews

Uit my dagboek: Pappa se kind: Konsert-chaos

So het Aiden sy eerste konsert gehad. As jou eerste reaksie een van skok was, moenie sleg voel nie – dit was my reaksie ook.

op stage

So het Aiden sy eerste konsert gehad.
As jou eerste reaksie een van skok was, moenie sleg voel nie – dit was my reaksie ook. Hy is mos heeltemal te klein om op te tree.
Hy luister dan nie eers as ek vir hom sê hy moet gaan slaap nie, hoe sal hy nou nog bewegings op die maat van die musiek uitvoer?
Hoewel ek nie veel van hom verwag in terme van rolspel nie, was ek nie voorbereid op die chaos wat my kind gesaai het nie. Ons familie het ’n hele ry vol gesit by die konsert: oumas, oupa, oumagrootjies, oom en tannie.

Almal was gereed om die mannetjie in aksie te sien. konsert

Van die oomblik wat hy sy voete op die verhoog gesit het, het hy die hele verhoog oorgeneem. Terwyl al die ander maatjies presies doen wat die juffrou hulle geleer het, het Aiden besluit om iets anders te doen. My arme vrou wat saam met hom op die verhoog was, was magteloos om hom te keer.
Sy moes net keer dat hy nie van die verhoog af spring in ’n soort van Rock & Roll stage dive nie.
Verder het hy van die een kant van die verhoog na die ander kant gehardloop en elke keer gestop om sy eie danspassie te doen.
Toe word hy moeg en gaan sit op die verhoog, maar toe mamma hom wil optel, ruk hy homself los en hardloop weer na die kant van die verhoog om sy eie dans te doen.
Naderhand is die liedjie verby en mamma en Aiden moet nou van die verhoog af gaan, maar Aiden skree hy wil nog “speel”. Met luidrugtige teenstand kry sy hom van die verhoog af.
Ek lag maar net, want ek het almal gewaarsku: “I told you so!”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button