NewsNews

Is dit Parys óf Viljoenskroon vir Kersfees bloedskenk-uitdaging

Tradisioneel is Desember ʼn moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) omdat hulle nie die 3000 eenhede bloed daagliks kan insamel nie. Dié hoeveelheid bloed word benodig om pasiënte, soos dié wie terminaal siek is, om nie eers te praat van ongelukslagoffers nie, te behandel. As na vorige jare se bloedvoorrade oor dieselfde tydperk gekyk word, weet ons dat moeilike tye voorlê, sê die Bloeddiens.

Tradisioneel is Desember ʼn moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) omdat hulle nie die 3000 eenhede bloed daagliks kan insamel nie. Dié hoeveelheid bloed word benodig om pasiënte, soos dié wie terminaal siek is, om nie eers te praat van ongelukslagoffers nie, te behandel.
As na vorige jare se bloedvoorrade oor dieselfde tydperk gekyk word, weet ons dat moeilike tye voorlê, sê die Bloeddiens.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) sal ’n  Kersfees bloedskenk uitdaging aanbied tussen Parys en Viljoenskroon juis om hul behoefte aan bloed te bereik hierdie Feesseisoen. Skenkers in die onderskeie gebiede word aangemoedig om bloed te skenk om hul gemeenskappe te verteenwoordig en só ’n  verskil te maak. Hierdie uitdaging is ’n  kompetisie tussen die twee gemeenskappe om die meeste eenhede bloed in te samel.
Die gemeenskap van Parys word genooi om bloed te skenk op Dinsdag 8 November by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 tot 19:00.
Die gemeenskap van Viljoenskroon kan bloed skenk op Dinsdag 15 November by die NG Moedergemeente Kerksaal vanaf 11:00 tot 18:00.
Die doelwit vir elke gemeenskap is om 100 eenhede bloed in te samel.
SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit.
Die behoefte aan bloed neem nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16 en 65 wees
• Meer as 50kg weeg
• Iets voor jou skenking eet
• ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
• Gesond wees op die dag van skenking
Help asseblief om ʼn bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button