NewsNews

Plant, plant, plant….want dit is Blommefees

As jy nog nie opgewonde is oor die eerste FS Flower Festival wat in Parys gehou word op 11 en 12 November nie, moet jy beslis om jou rondkyk. Oraloor is Parysenaars besig om inisiatief te neem om die dorp te verfraai.

As jy nog nie opgewonde is oor die eerste FS Flower Festival wat in Parys gehou word op 11 en 12 November nie, moet jy beslis om jou rondkyk. Oraloor is Parysenaars besig om inisiatief te neem om die dorp te verfraai.
By die museum is ’n  kleurvolle bande-tuin gemaak, terwyl daar die afgelope week ook fluks gewerk is aan ’n  parktuin oorkant die provinsiale verkeerskantore in Parys se nywerheidsgebied. Tholana Sustainable Development & Environmental Consultants, kontrakteurs vir Ngwathe Munisipaliteit wat onder meer ook verantwoordelik is om onwettige stortingsterreine skoon te maak, het dié inisiatief geneem juis vir die blommefees.

Die Free State Flower Festival geskoei op die jarelange tradisie van die Madeira Flower Festival, is nie net ’n eerste vir Suid-Afrika nie, maar ook ’n eerste vir Parys en wat Parysenaars met dié groot toerisme inspuiting maak, sal bepaal of die dorp weer die gasdorp vir die fees sal wees in 2017.
Of jy ’n sakeman, geesdriftige tuinier of sommer net iemand is wat die mooi van die natuur kan waardeer – hierdie is ’n geleentheid vir Parys om nie net ons besighede nie, maar ook ons dorp te bemark met kreatiewe idees wat besoekers aan die dorp nie net tydens die fees nie, maar ook daarna weer sal laat terugkom.
Kyk jy om jou is daar reeds mense wat besig is om op allerlei maniere hul sypaadjies, tuine of selfs net winkelaansigte te verfraai met bekostigbare en baie maklike maniere om ’n bietjie kleur te gee.
Die idees is eindeloos. Dit wat rondstaan, dit wat jy wil weggooi, dit wat leeg is – gebruik dit, plant daarin, kry steggies by jou bure, enigeen kan, sonder moeite, sonder ’n kruiwa vol uitgawes. Al wat kort is die gewilligheid om deel te neem.
As jy uit idees raak – gebruikte motorbande word daagliks in die dorp afgelewer vir ’n bande-tuin van jou eie en gratis kompos sal binnekort beskikbaar wees op die oop terrein oorkant die Tumahole Selfhelp Association for the Disabled in die nywerheidsgebied van Parys.
En as jy nie groen vingers het nie – wat van kreatiewe papier, krale, draad of ander blomversierings.
Wat meer is – jou uitstalling kan jou stewige prysgeld in die sak bring. Beoordeling van die beste besigheidsuitstalling, huistuin en gemeenskapstuin sal tydens die fees gedoen word, met die finale beoordeling drie maande na die fees van die vyf finaliste in elke kategorie. Hou die Gazette dop vir meer inligting en begin plant!
Ondersteun ons plaaslike kwekerye. Skakel Parys Kwekery by (056) 811 4934 of Rykie by 082 633 6685 vir nog idees hoe jy kan help om jou dorp te tooi vir die grootste blommefees wat die Vrystaat nog gesien het. Inka lelie stems/blooms word ook teen R1,20 spesiaal vir die Blommefees verkoop met gratis aflewering in Parys enige dag van die week of tydens die fees. Bring net ’n emmer saam of houer met water waar jy die plante kan hou sodra dit afgelewer is. Kontant met aflewering. Bestellings kan by Samantha by 082 322 6228 geplaas word.
Vir navrae kan jy ook ‘n e-pos stuur na freestateflowerfestival@gmail.com

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button