NewsNews

30 Jaar agter die orrel gevier

Kom luister na die talentvolle Erna Rademan op haar beste wanneer sy en haar twee orrelis-susters, René Ferreira en Karin Michau, beide van die Kaap, op 30 Oktober om 09:30 Erna se 30 jaar diens agter die kerkorrel in die NG gemeente Vredefort vier.

Kom luister na die talentvolle Erna Rademan op haar beste wanneer sy en haar twee orrelis-susters, René Ferreira en Karin Michau, beide van die Kaap, op 30 Oktober om 09:30 Erna se 30 jaar diens agter die kerkorrel in die NG gemeente Vredefort vier.
Boonop sal Erna se skoonma, Olga Rademan, ook op die dag saam met haar die Widor Toccata uitvoer – en dit op Olga se 90-jarige ouderdom.
Hierbenewens kan geluister word na Walda Strauss en Marli Krüger op die orrel, asook Anthony en Anci Duffin, Carel Steyn, Andries Mostert, Erna se seun Pieter, en die bekroonde doedelsakspeler, Liam O’Flaherty wat almal as instrumentaliste sal optree.
Sangers om na uit te sien by die geleentheid sluit in Marguerite van Wyk, Heléne Leonard, Welmarie Steenkamp, Heine Brüssow, Gerhard van Rensburg en die Deo Gloria koor.
Magda Perry sal die voorsang lei en nog ’n  suster van Erna, Theresa Troskie sal vir voordrag sorg.
Verversings sal na die feesdiens bedien word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button