NewsNews

Handvatsel breek af in seun se gesig

VANDERBIJLPARK. – “Ryno van der Westhuizen is ‘n baie gelukkige seuntjie. Wat met hom gebeur het, is niks anders nie as ‘n wonderwerk.” Dit is die mening van spesialiste wat hom die afgelope twee weke behandel het na ‘n fratsvoorval toe ‘n stuk deurhandvatsel van 5cm lank, ten volle onder sy linkeroog ingesteek en daar bly sit het

VANDERBIJLPARK. – “Ryno van der Westhuizen is ‘n baie gelukkige seuntjie. Wat met hom gebeur het, is niks anders nie as ‘n wonderwerk.” Dit is die mening van spesialiste wat hom die afgelope twee weke behandel het na ‘n fratsvoorval toe ‘n stuk deurhandvatsel van 5cm lank, ten volle onder sy linkeroog ingesteek en daar bly sit het

Ryno van der Westhuizen (8) in die hospitaal pas nadat ‘n deurhandvatsel van 5 cm in sy gesig ingesteek het. Slegs ‘n klein stukkie van die handvatsel steek hier by die wond uit.

Ryno van der Westhuizen (8) in die hospitaal pas nadat ‘n deurhandvatsel van 5 cm in sy gesig ingesteek het. Slegs ‘n klein stukkie van die handvatsel steek hier by die wond uit.

 

Volgens sy ma, Jonet van der Westhuizen, het Ryno (8) Donderdag, 6 Oktober, ‘n “bietjie rof” saam met sy nefie in hul huis in Vanderbijlpark gespeel, toe hy by ‘n kamerdeur gegly en met sy gesig teen die deurhandvatsel geval het.
Met die impak het die handvatsel afgebreek en sy gesig net onder die linkeroog deurboor en daar vasgesteek.
RYNO-RES%20VAN%20DEURHANDVATSEL
RYNO%20-HANDVATSEL%20WAT%20UIGEHAAL%20IS
Jonet, ‘n apteker, het net ‘n klein stukkie metaal uit die wond onder sy oog sien steek, maar het in daardie stadium nog glad nie geweet wat die ware omvang van die besering was nie.
Sy en haar swaer, ‘n oogkundige, is dadelik met Ryno na Cormed-kliniek, van waar hulle vir ‘n dringende CT-skandering na Mediclinic Emfuleni verwys is.
Dit was eers tóé dat almal besef het hoe ernstig Ryno beseer is en hoe groot die wonder was dat hy leef. Die metaalstafie van 5cm het sy breinbasis met enkele millimeters gemis.
Dr. Pieter Lategan, dr. JD Verwey en oogspesialis Lourens Coetzee wat Ryno ondersoek het, kon hul oë nie glo nie.
Dit was die eerste keer ooit dat hulle so ‘n besering gesien het. Hulle kon vasstel dat Ryno se oog normaal reageer ondanks die metaalstaaf wat dit byna heeltemal van binne af toegedruk het, maar hulle kon nog nie bepaal wat die skade aan omliggende senuwees, bloedvate en die oogkas was nie.
Ryno is dadelik na die Clinton Hospitaal in Alberton oorgeplaas, waar hy deur ‘n span spesialiste
ingewag is.

Die span dokters wat Ryno se lewe gered het.

“Dr. Wiebo van der Meulen, ‘n hoogaangeskrewe neurochirurg, het oop kaarte met ons gespeel en erken dit sou ‘n baie moeilike en delikate operasie wees om die handvatsel te verwyder. Ryno kon dalk aan die bloei gaan as hulle dit verwyder.
Dit sou katastrofies wees. Dr. Van der Meulen wou dit eers met sy kollegas bespreek en sou dan met ‘n plan van aksie terugkom.”
Die operasie kon dus nie dadelik gedoen word nie en tyd was nie aan Ryno se kant nie, want hoe langer die staaf in sy gesig was, hoe groter het die gevaar van infeksie geword. Hy is dadelik op ‘n kursus baie sterk antibiotika geplaas.
Handvatsel%20in%20seuntjie%20se%202
Spanning het toegeneem soos wat ander spesialiste in die span ook hul kommer oor die operasie uitgespreek het.
Niemand het presies geweet hoe hulle ‘n greep op die staaf sou kon kry om dit uit te trek nie.
Uiteindelik is besluit om die operasie die Saterdag by die Unie Hospitaal se Cathlab te doen, wat die beste ingerig sou wees in geval van ‘n komplikasie soos ernstige bloeding.
Na ‘n paar senutergende ure, wat onder meer ‘n kragonderbreking by die hospitaal ingesluit het, het een van die spesialiste uitgekom met nuus vir die besorgde ouers.
“Die handvatsel is uit! Geen bloeding nie! Halleluja!”
Dr. Van der Meulen het na die operasie steeds net sy kop geskud.
“Hy sê hy kan steeds nie glo hoe ongelooflik gelukkig Ryno was nie. Hy sê selfs al sou die handvatsel chirurgies in Ryno se gesiggie geplaas moes word, sou dit nie met soveel presisie gedoen kon word dat daar geen skade was nie. Hy was 100% tevrede met Ryno en hy kon Maandag ontslaan word,” sê Jonet.
“Dankie aan al die familie, vriende en kollegas vir hul ondersteuning en duisende gebede. En natuurlik ons Hemelse Vader.
“Nog nooit het ek so geëerd gevoel om deel te wees van Sy meesterplan nie.
“Hy het ons gebruik om vir almal te wys wonderwerke gebeur steeds en Hy is by ons altyd!”

Related Articles

Back to top button