NewsNews

Paintball-pret vir die hele gesin!

VANDERBIJLPARK. – ʼn Pretdag word gereël vir Saterdag, 29 Oktober, vanaf 9h00 tot 13h00 by Paint Ball Bunnies Plot 72, Roodia, Ravel RD (Ou Stokkiesdraai pad). Die organiseerders – ERA Vaaltriangle NG Welsyn Vanderbijlpark en Paintball Bunnies wil met die dag genoeg fondse insamel om ʼn kerspartytjie vir die minderbevoorregte kinders van NG Welsyn, Vanderbijlpark en Catherine Robson Kindershuis te hou. Oud en jonk word genooi om in die pret te kom deel. Die program van die dag gaan onder andere Paint ball, boeresport en stalletjies insluit. Lekker musiek gaan ook gespeel word. Worsbroodjies, koeldrank, roomys en vele meer sal te koop wees.

Action at Paintball Bunnies Vanderbijlpark

Action at Paintball Bunnies Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK. – ʼn Pretdag word gereël vir Saterdag, 29 Oktober, vanaf 9h00 tot 13h00 by Paint Ball Bunnies Plot 72, Roodia, Ravel RD (Ou Stokkiesdraai pad). Die organiseerders – ERA Vaaltriangle NG Welsyn Vanderbijlpark en Paintball Bunnies wil met die dag genoeg fondse insamel om ʼn kerspartytjie vir die minderbevoorregte kinders van NG Welsyn, Vanderbijlpark en Catherine Robson Kindershuis te hou. Oud en jonk word genooi om in die pret te kom deel. Die program van die dag gaan onder andere Paint ball, boeresport en stalletjies insluit. Lekker musiek gaan ook gespeel word.
Worsbroodjies, koeldrank, roomys en vele meer sal te koop wees.
Uitstallings en persone wat belangstel in stalletjies is ook baie welkom. Stalletjies beloop R50 vir die dag
Diegene wat belang stal om geskenke of eetgoed vir die kerspartytjie te skenk is ook welkom om dit op die dag inghandig.
Kom geniet ʼn lekker dag saam met die gesin en ondersteun terselfdertyd ʼn goeie doel. Help ons om glimlaggies op talle gesiggies te plaas die kersseisoen.
Vir meer inligting skakel
Chris of Kotie by 072 716 7906 of  084 810 3306

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button