NewsNews

Stortingsterrein: Ons sal nie huiwer om kriminele klag te lê as nodig, sê raadslid

Rommel hoop toenemend op weerskante van die Doverpad oor ’n afstand van 1.5km by Parys se chaotiese rommel stortingsterrein. Die terrein is reeds jare lank onbeheer en sonder lisensie, nadat die Ngwathe munisipaliteit versuim het om die kontrakteur te betaal. DA-raadslid Saal de Jager eis nou optrede. “Ek het ‘n dringende vergadering aangevra met burgemeester, Joey Mochela en die munisipale bestuurder.” Rdl. De Jager het ook die hoof van die Departement van Waterwese en Sanitasie se hulp per e-pos gevra, en hy en ander DA raadslede gaan die saak nou ook op parlementêre vlak laat opneem. “Indien nodig sal ons nie huiwer om kriminele klagtes te lê nie,” sê De Jager.

Rommel hoop toenemend op weerskante van die Doverpad oor ’n afstand van 1.5km by Parys se chaotiese rommel stortingsterrein.
Die terrein is reeds jare lank onbeheer en sonder lisensie, nadat die Ngwathe munisipaliteit versuim het om die kontrakteur te betaal. DA-raadslid Saal de Jager eis nou optrede. “Ek het ‘n dringende vergadering aangevra met burgemeester, Joey Mochela en die munisipale bestuurder.” Rdl. De Jager het ook die hoof van die Departement van Waterwese en Sanitasie se hulp per e-pos gevra, en hy en ander DA raadslede gaan die saak nou ook op parlementêre vlak laat opneem. “Indien nodig sal ons nie huiwer om kriminele klagtes te lê nie,” sê De Jager.

Related Articles

Back to top button