NewsNews

Alles verloor…maar soveel dankbaarheid

Wat red jy wanneer ’n leeftyd se herinneringe in ’n oogwink voor jou oë tot as verbrand. Wanneer ’n enkele matriekafskeid fotoraam en ’n paar meubels en los goed op die sypaadjie al is wat oor is van meer as 12 jaar se bekendheid om jou. “Ek het gebid...baie gebid en vir die Here gesê ek weet nie wat nou die plan is, maar dat die wind net moet gaan lê. En dit het op ’n stadium,” het Dini Prinsloo gesê waar sy en haar man, landdros Gustav Prinsloo buite in hul groot boomryke tuin vanmiddag (Donderdag 6 Oktober) gestaan het met rook en verwoestende vlamme wat hul grasdakhuis by Pretoriusstraat 10 in ’n oogwink heeltemal tot niks afgebrand het.

Wat red jy wanneer ’n leeftyd se herinneringe in ’n oogwink voor jou oë tot as verbrand. Wanneer ’n  enkele matriekafskeid fotoraam en ’n paar meubels en los goed op die sypaadjie al is wat oor is van meer as 12 jaar se bekendheid om jou.
“Ek het gebid…baie gebid en vir die Here gesê ek weet nie wat nou die plan is, maar dat die wind net moet gaan lê. En dit het op ’n stadium,” het Dini Prinsloo gesê waar sy en haar man, landdros Gustav Prinsloo buite in hul groot boomryke tuin vanmiddag (Donderdag 6 Oktober) gestaan het met die rook en verwoestende vlamme wat hul grasdakhuis by Pretoriusstraat 10 in ’n  oogwink  tot niks afgebrand het.
Werkers wat aan die grasdak gewerk het om dit weer te dek, was net klaar gewerk en af van die dak, toe die brand vermoedelik weens ’n  kortsluiting net na 13:00 uitgebreek het. In daardie oomblik was Gustav op die foon met Ryno Lindeque van die We Care publieke whatsapp-groep, besig om ’n  ander aangeleentheid te bespreek. Die volgende oomblik het Gustav net gesê die huis se dak brand.
Ryno het dadelik hulp ontbied van die We Care groep. Ook Pieter Kemp en lede van LGV was vinnig met hulp op die toneel.
Die wind het die vlamme tussen die boonste en onderste gras gedryf –  so dat daar op ’n  stadium selfs kommer was oor die huis langsaan.

Vanmiddag Donderdag 6 Oktober se brand by Pretoriusstraat 10, die eiendom van Gustav en Dini Prinsloo. Die huis het heeltemal afgebrand maar die bure se huis kon gered word.
Vanmiddag Donderdag 6 Oktober se brand by Pretoriusstraat 10, die eiendom van Gustav en Dini Prinsloo. Die huis het heeltemal afgebrand maar die bure se huis kon gered word.

20161006_15081820161006_145754

Gustav en Dini Prinsloo regs op die foto,
Gustav en Dini Prinsloo saam met van die mense wat hulle ondersteun het.
Gustav Prinsloo by van die enkele goed wat uit hul huis gered kon word.
Gustav Prinsloo by van die enkele goed wat uit hul huis gered kon word.

Maar in ’n  oogwink was mense van oral daar om te help. Omgee-mense.
Nooddienste, bure, We Care lede, boere, verbygangers, vriende, familie, selfs die DBV wat blitsig die Prinsloos se hondjie kom haal het om veilig by hulle te hou terwyl daar rondgehardloop is met water, brandslange, koeldrank vir hulle wat onverpoosd gewerk het om die vlamme te probeer blus te midde van die wind en te red wat te redde was.
En dis hierdie omgee wat vir hulle kalmte gegee het te midde van die verwoesting, sê Dini.  “Sê net vir almal dankie,” het Dini en Gustav gesê, want al het hul alles verloor wat deel was van Pretoriusstraat 10, het dié egpaar die saamstaan en omgee van ’n  dorp se mense om hulle gehad wat nie geskroom het om te help toe hul hulp die nodigste was.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button