NewsNews

Boerboel-trots en tannie Poppie se wynreeks by 2016 Alfa-fees

Font Karien is haar naam en sy is die SA Boerboel Vereniging se Hond van die Jaar. Oorstelp van blydskap het Chad Comley die naweek haar trofee in ontvangs geneem tydens die Nasionale Boerboel-kampioenskappe wat by die Alfa Live Stock Trade Fair vee-fees in Parys gehou is. Prag honde is geskou en die land se beste telers en honde bekroon. Die Alfa-fees, wat oor vyf dae gehou is, is deur baie beskryf as ’n Nampo in die kleine en het vee- en wildboere van heinde en ver gelok met uitstallings en werkswinkels oor die nuutste tegnologie, verskaffers, produkte en meer in die landbousektor. Vir veeboere veral was hierdie die ideale geleentheid vir gesprek met ’n eiesoortige ekspo en vertoonvenster van uitsonderlike vee.

20161001_183850_001

DSC_1766

Sy het Saterdag 4 jaar oud geword, maar klein soos sy is het Lisa Viviers van Pretoria self haar boerboel, Chyna kom vertoon tydens ’n  nuwe klas wat vir vanjaar se Nasionale Boerboel-kampioenskappe in Parys bekend gestel is vir kinders 4-13 jaar. Hier is die hanteerder, en nie die hond beoordeel nie, en het Lisa gespog met die eerste plek. Ouboet Heinrich (6) was derde met Zavora. Hier is Heinrich en Lisa en hul honde, by pa Hein en ma Marietjie, wat hand bygesit het in die arena.

DSC_1773

En die nimlike tannie Poppie Coetzer, baasbakster en Kokkedoor van formaat, was self hier om haar eie wynreeks, “Poppie-lêr”bekend te stel. Die reeks bestaan uit ’n  Cabernet Sauvignon, ’n  Chennin Blanc en Soet Rosé, gemaak deur Linton Park Wyne in Wellington wat onder die Top 5 beste wynkamers vir 2016 aangewys is by die Wynmakers Gilde, vertel tannie Poppie. Die wyne is by die fees bekend gestel. Tannie Poppie het ook pas haar tweede kookboek bekend gestel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button