NewsNews

Babasakke bring vreugde

Emily en Thembi van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) Parys saam met van die mammas en ’n suster van die Parys Distrik-hospitaal in die kraamsaal waar babasakke uitgedeel is vir mammas wat pas geboorte geskenk het. In die babasakke is allerlei artikels vir ’n pasgebore baba wat baie handig te pas kom na die geboorte. Die mammas was baie opgewonde oor die oulike babasakke wat later ook as doeksak gebruik kan word. Die gebaar is verwelkom, veral omdat daar dikwels mammas is wat geboorte gee maar nie klere of ander benodigdhede vir hul babas het nie. Die mooi gedagte kom van die dames van die NG Parys-Wes wat dertien van die babasakke geskenk het met ’n pragtige boodskap van hoop.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button